Suidoos-Transvaal behaal roemrykste sege in hul geskiedenis

Die datum, 4 Junie 1983, sal waarskynlik altyd aangeteken word as die grootste in die Puma Rugbyunie se geskiedenis. Dit is die dag toe Suidoos-Transvaal  hul roemrykste sege in hul geskiedenis behaal het.

Dit was die dag toe die span van Richard Cooke die magtige Westelike Provinsie met agt Springbokke in hul agttal, en die Du Plessis-broers in die agterlyn en Divan Serfontein as hul kaptein, 24-19 in ‘n wedstryd in die Lionbeker-reeks geklop het.

Suidoos se oorwinning was waarskynlik die grootste skok ooit in die Lionbeker-reeks en hoewel hulle in die volgende ronde teen die Vrystaat vasgeval het, sal die oorwinning vir verskeie redes altyd onthou word.

Die oorwinning is waarskynlik teen die beste WP-span in die modern era behaal, ‘n WP-span wat Suid-Afrikaanse rugby vroeg in die 80s oorheers het en die Curriebeker onder Dawie Snyman se afrigting vyf jaar agtereenvolgens gewen het.

Die span van Divan Serfontein het Noord-Transvaal daardie jaar in die Curriebekereindstryd op die heilige Loftus 9-3 geklop.

Nie ‘n enkele lid uit Suidoos se geledere het ooit die geleentheid gehad om hul land op die rugbyveld te verteenwoordig nie, maar hul heldedade sal nooit vergeet word nie.

Soos die van die heelagter Harry Muller, wie in sy 100e wedstryd in die Grystrui die verskil tussen wen en verloor was. Hy het die Springbok Colin Beck, een van die twaalf Bokke in WP-geledere, daardie dag oorskadu en met drie strafdoele en twee doelskoppe altesaam 13 punte aangeteken.

Die wedstryd sal ook as Beck se laaste ooit op die rugbyveld onthou word na ‘n ernstige besering sy rugbyloopbaan beeindig het.

Wyle Jorrie Jordaan sou waarskynlik indien hy vir ‘n groot Unie gespeel het, naby die Bokspan gedraai het en Cooke was destyds tussen die beste hakers in die land gereken.

Kallie Grobler was lank een van die voorste vleuels in die land en Muller was lank ‘n staatmaker.

Suidoos-Transvaal: Harry Muller (sy 100ste wedstryd); Frank Sullivan, Wimpie van der Westhuizen, Steve Meyer, Kallie Grobler; Gert la Grange, Klasie la Grange; Jorrie Jordaan, Hendry van Tonder, Terence Moll, Bertus van Eeden, Vleis van Zyl, Jan Loubser, Richard Cooke ©, Nan Broekman.

WP: Colin Beck; Frikkie Ebersohn, Wilfred Cupido, Chris Smit, Carel du Plessis; Michael du Plessis, Divan Serfontein ©; Nic Mallett, Theuns Stofberg, Rob Louw, Hennie Bekker, Andre Markgraaf, Attie Strauss, Shaun Povey, Henning van Aswegen.

Punte:

Suidoos-Transvaal: Drieë: Frank Sullivan, Steve Meyer. Doelskoppe: Harry Muller (2). Strafdoele: Muller (3). Skepdoel: Gert la Grange.

WP: Drieë: Hennie Bekker, Chris Smit. Doelskop: Colin Beck. Strafdoele: Beck (3).

Article: Andre Bester

Tell a Friend

From:*

To:*

Message:
Back
TOP